INLEIDING
Hierdie gids is saamgestel om te help met die korrekte en volledige voltooiing van die opgawe vir maatskappye en beslote korporasies. Vir hulp met die opgawe kan u die plaaslike SARS kantoor kontak of die SARS Inbelsentrum by 0860 12 12 18 skakel.
U aandag word ook gevestig op die Praktyknotas/"Interpretation Notes" wat deur die Kommissaris vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uitgereik is.
Hierdie opgawe moet voltooi en ingedien word 12 maande na die einde van die finansiële jaareinde van die betrokke maatskappy/beslote korporasie.
OM DIE OPGAWE TE VOLTOOI
Gebruik 'n swart of blou pen om die opgawe te voltooi en gebruik drukskrif om binne die areas te skryf wat beskikbaar is. Gebruik drukskrif vir die voltooing van die opgawe. MOET NIE 'n streep deur die spasies trek wat nie van toepassing is nie.
Moet assesblief nie korreksie ink gebruik as 'n fout gemaak is nie. Moet asseblief ook nie die opgawe vou nie aangesien dit 'n vertraging in die afhandeling van die aanslag sal veroorsaak.
Alle toepaslike gedeeltes van die opgawe moet voltooi word aangesien 'n onvoltooide opgawe teruggestuur sal word en beskou sal word as nie ontvang nie. Dit kan daartoe lei dat boetes gehef word vir die nie-indiening of laat-indiening van 'n opgawe.
Die volgende velde op die opgawe is verpligtend en moet deur u voltooi word:
Handtekening: Die opgawe is `n bindende wetlike verklaring waarin al die inkomste, belasting teruggehou en aftrekkings aangedui word. As dit nie geteken is nie, is dit waardeloos;
Die jaar van aanslag: Hierdie weergawe van die opgawe kan ook vir vorige jare gebruik word;
Die belastingverwysingsnommer;
Die maatskappy/beslote korporasie registrasienommer;
Besonderhede van die maatskappy/beslote korporasie (naam,adres, kontakbesonderhede, ens.);
Besonderhede van die Openbare amptenaar;
Bankbesonderhede;
Aanslag, oudit en ander inligting;
Finansiële inligting: Balansstaat, inkomstestaat en berekening van belastingaanspreeklikheid; en
OM TE BEGIN
Let assesblief daarop dat alhoewel die finansiële state/inligting gebruik sal word om die opgawe te voltooi, moet GEEN
Hoe om u IT14 opgawe te voltooi dokumentasie moet egter vir 'n tydperk van vyf jaar, na datum van indiening van die opgawe, bewaar word.
HANDTEKENING VAN DIE OPENBARE AMPTENAAR
Dit is verpligtend om te verseker dat 'n akkurate en volledige openbaarmaking van alle vereiste gegewens en relevante besonderhede gemaak word in die belastingopgawe. Bykomend tot moontlike strafregtelike vervolging en die oplê van boetes soos voorgeskryf in die Inkomstebelastingwet vir wanvoorstelling, versuim, weglating, of verskaffing van onjuiste inligting, kan addisionele aanslae (tesame met rente) gehef word.
Let asseblief daarop dat indien die opgawe nie geteken is nie dit teruggestuur sal word en beskou sal word as nie ontvang nie.
Indien die opgawe elektronies ingedien word, sal die wagwoord wat uitgereik is tydens die registrasie as e-Filer, dien as digitale handtekening.
VOLTOOIING VAN DIE OPGAWE
AANSLAG, OUDIT EN ANDER INLIGTING
Dit is belangrik dat al die betrokke velde in hierdie afdeling voltooi word aangesien die inligting in hierdie afdeling in die aanslagproses gebruik word om te bepaal teen watter belastingkoers die maatskappy/beslote korporasie aangeslaan moet word.
Dormante maatskappye
Die balansstaatinligtingsgedeelte moet voltooi word waar die maatskappy oor bates, laste en/of reserwes beskik. Indien die maatskappy inkomste gedurende die jaar verkry het, moet die res van die opgawe voltooi word.
Provinsie waar hoofbedryf beoefen word BRONKODE VAN HOOFBEDRYF
Kode Provinsie
Noordelike Provinsie
Noordwes
Oos Kaap
Wes-Kaap
Noord Kaap
Hoofbedryf is die belangrikste aktiwiteit wat deur die maatskappy beoefen word. (Verwys na tabel hieronder vir maklike verwysing)
Kode Beskrywing
Landbou, bosbou en vissery
Mynwese en steengroefwerk
Voedsel, drank en tabak
Tekstielstowwe
Klerasie en skoeisel
Leer, leerprodukte en pelse (uitgesonderd skoeisel en klerasie)
Hout, houtprodukte en meubels
Papier, drukwerk en uitgewery
Chemikalieë en chemiese-, rubber- en plastiekprodukte
Steenkool- en petroleumprodukte
Bakstene, keramiek, glas, sement en derglike produkte
Metaal
Metaalprodukte (uitgesonderd masjinerie en toerusting)
Masjinerie en verwante items
Voertuie, onderdele en toebehore
Vervoertoerusting (uitgesondered motorvoertuie onderdele en toebehore)
Wetenskaplike, optiese en derglike toerusting
Ander vervaardigingsnywerhede
Elektrisiteit, gas en water
Konstruksie
Groothandel
Kleinhandel (ingeslote posbestellings)
Verversings en akkommodasie
Vervoer, opberging en kommunikasie
Finansiering, versekering, vaste eiendom en besigheidsdienste
Langtermynversekeraars
Onderwysdienste
Navorsings- en wetenskaplike institute
Mediese, tandheelkundige, ander gesondheidsdienste enveeartsenykundige dienste
Maatskaplike en verwante gemeenskapsdienste
Ontspanning en kulturele dienste
Huishoudelike dienste
Gespesialiseerde hersteldienste
Agentskappe en ander dienste
Werkverskaffing (salaris)
BRONKODE VAN HOOFBRON VAN INKOMSTE
Dit is die bron waaruit die hoogste bruto inkomste gegenereer word. Dit is nie noodwendig die belangrikste aktiwiteit wat deur die maatskappy beoefen word nie. Gebruik die Bronkodeboekie beskikbaar op die SARS webwerf www.sars.gov.za om die bronkode te bepaal. Let assesblief daarop dat slegs die kode wat betrekking het op 'n wins gebruik moet word in hierdie geval.
Syfers volgens die finansiële jaarstate van die maatskappy (nie groeps- of gekonsolideerde finansiële jaarstate nie) moet gebruik word vir die invul van hierdie gedeelte.
Balansstaatinligting
Alle bedrae wat in die opgawe aangetoon word, moet ooreen­stem met die bedrae wat op die maatskappy se balansstaat voorkom.
Inkomstestaatinligting
By die voltooiing van die betrokke deel van die opgawe moet die normale rekenkundige betekenis van die terme wat in die opgawe voorkom, gevolg word. In die geval waar 'n maatskappy nie enige koste van verkope het nie, bv. 'n eiendomverhurings-maatskappy, sal die omset en die bruto wins dieselfde wees.
Voorraadaansuiwerings". Hierdie verteenwoordig nie die verandering tussen openings-en sluitingsvoorraad nie. Dit verteenwoordig die afskrywing van uitgediende, stadig­verhandelbare items of beskadigde items wat afgeskryf is gedurende die jaar van aanslag.
Voorraadaansuiwerings". Vorige jaar se afskrywings van uitgediende en stadig-bewegende voorraad teruggeskryf.
Veranderings en verbeterings
Dit sluit nie reperasies en onderhoud in nie. Berei en bewaar 'n skedule voor van die koste tesame met 'n kort beskrywing van die aard van die verbeterings en veranderinge.
Vergoeding betaal aan werknemers/direkteure ten opsigte van die verlies van amp, ens.?
Berei 'n skedule voor waarin die bedrae betaal aangedui is sowel as die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die betaling.
Konsultasie, regs- en professionele fooie
Hierdie is bedrae betaal vir sodanige dienste anders as ouditeursvergoeding vir ouditdienste. 'n Skedule moet voorberei word met die volgende inligting:
Naam van die persoon aan wie die betaling gemaak is;
Datum van betaling;
Aard en doel van elke diens; en
Die bedrag van die betaling
Versekeringspremies nie verwant aan maatskappy bates
Hierdie sal premies insluit wat betaal is aan uitkeerfondse en premies betaal ten behoewe van ander partye.
n Skedule moet voorberei en bewaar word wat die beskrywing van die premie, die bedrag, die versekerde risiko en die naam van die instansie aan wie die betaling gemaak is, lys. Al die ooreenkomste aangegaan sowel as die versekeringspolisse wat betrekking het op dié premies betaal, moet deur die maatskappy bewaar word.
Herstelwerk en onderhoud n Skedule moet voorberei en bewaar word met die volgende inligting:
Dui die aard van die betaling per kategorie aan;
Kort opsomming van materieële items moet voorberei word.
Handelsbeperking n Skedule moet voorberei en bewaar word met die volgende inligting:
Die balans oorgedra vanaf die voorafgaande jaar van aanslag; en
Die bedrag oorgedra na die daaropvolgende jaar van aanslag
Buitelandse reiskoste n Skedule moet voorberei en bewaar word met die reisplan ten opsigte van elke reis wat onderneem is, wat die volgende aantoon:
Deur wie die reis onderneem is;
Amp beklee in die maatskappy;
Datums van vertrek en terugkeer;
Name en adresse van firmas besoek;
Tydsduur van besoek aan elke firma;
Doel van die besoek;
Volledige besonderhede, afsonderlik gegroepeer, ten opsigte van die uitgawes aangegaan;
Gedeelte van totale nie-bedryfsuitgawes hierbo ingesluit; en
Indien 'n gade die reisiger vergesel het, moet die uitgawes toeskryfbaar aan die gade gespesifiseer word.
Ander
Besonderhede hiervan moet op 'n skedule uiteengesit word.
ANDER INLIGTING
Waar toelaes geëis word, moet die totale toelaag geëis, getoon word en nie die verandering/beweging vir die jaar nie.
Herwinnings" sluit in alle bedrae soos omskryf in Artikels 8 en 8 van die Inkomstebelastingwet. Terugskrywings van toelaes wat in vorige jare toegestaan is, moet ook by hierdie syfer in berekening gebring word, asook enige verhalings ten opsigte van bruikhuurooreenkomste wat beëindig is.
BELASBARE INKOMSTE/VERLIES SOOS BEREKEN
In alle gevalle waar die rekeningkundige en belastinghantering verskil, moet die totale rekenkundige bedrag teruggeskryf word en terselfdertyd moet die volle bedrag vir belastingdoeleindes verklaar word.
Voorbeeld: Vooruitbetalings word vir rekenkundige doeleindes in die Inkomstestaat geëis maar word ingevolge artikel 23H beperk. Die gedeelte wat beperk word moet teruggetel word. Indien die betaling in die balansstaat verskyn moet slegs die kwalifiserende gedeelte in die "spesiale toelaes nie geëis nie" afdeling getoon word.
BEDRAE WAT INGESLUIT MOET WORD IN DIE BEREKENING VAN BELASBARE INKOMSTE (UITGESLUIT AANGESLANE VERLIES OORGEBRING)
Die berekende wins of verlies moet in hierdie afdeling ingevul word tesame met die betrokke bronkode. Die bronkode kan verkry word vanaf die Bronkodeboekie wat op die SARS webwerf, www.sars.gov.za beskikbaar is. Let assesblief daarop dat die berekende wins of verlies nie die wins of verlies van 'n plaaslike of buitelandse kapitaalwins moet insluit nie aangesien hierdie bedrae apart aangedui moet word.
Kapitaalwins/verlies
Plaaslike en buitelandse kapitaalwinste/verliese moet apart aangedui word soos op die opgawe aangedui. Let asseblief daarop dat slegs 'n wins of 'n verlies aangedui moet word. Die bedrag wat verklaar moet word sal die bedrag wees voor die toepassing van die insluitingskoers. Die insluitingskoers sal programmaties deur SARS toegepas word.
Netto inkomste verkry van 'n beheerde buitelandse maatskappy (BBM)
Die netto inkomste van 'n BBM vir 'n buitelandse jaar van belasting is 'n bedrag gelyk aan die belasbare inkomste van die BBM. Die belasbare bedrag moet vasgestel word ingevolge die bepalings van die Inkomstebelastingwet, 1962. Vir doeleindes van die berekening van belasbare inkomste word slegs die BBM as belastingpligtige beskou. Die BBM word voorts ook as 'n inwoner maatskappy beskou ten opsigte van die toepassing van sekere bepalings van die Inkomstebelastingwet. Die aftrekkings en toelaes van die BBM is egter beperk tot die inkomste van die BBM. Geen toeskryfbare verliese ten opsigte van die BBM sal toegelaat word nie, maar sal oorgedra word na die daaropvolgende buitelandse jaar van belasting om afgesit te word teen die inkomste van die BBM ingevolge artikel 20 van die Inkomstebelastingwet.
Enige inkomste verkry vanuit 'n Beheerde Buitelandse Maatskappy moet ingevul word teenoor die kode 4276 op die opgawe.
KREDIETE BESKIKBAAR
Hierdie afdeling in die opgawe maak voorsiening vir die verklaring van Rande sowel as Sente.
Bewys van betaling van buitelandse krediete
Die volgende dokumentasie is voorbeelde van bewyse wat aanvaar sal word as bewys vir bedrae wat betaal is ten opsigte van buitelandse belasting:
Indien buitelandse belasting deur die bron teruggehou is -die oorspronklike dokumentasie ontvang vanaf die betrokke bron.
Indien buitelandse belasting nie deur die bron teruggehou is nie - 'n belastingaanslag of kwitansie uitgereik deur die betrokke belastingowerheid.
Keuse om op die netto buitelandse dividend belas te word.
Indien die maatskappy/beslote korporasie kies om op die netto buitelandse dividend belas te word moet die toepaslike blokkie met 'n "X" gemerk word.
BELASBARE BUITELANDSE INKOMSTE -ARTIKEL 6quat (UITGESLUIT BUITELANDSE KAPITAALWINSTE/VERLIESE)
Tydens die aanslagproses sal die inligting in hierdie gedeelte gebruik word om die toelaatbare bedrag aan buitelandse belastingkrediete ingevolge artikel 6quat te bereken.
Verligting van dubbelbelasting n Suid-Afrikaanse inwoner is onderhewig aan normale belasting verkry uit wêreldwye inkomste (d.i. inkomste verkry vanuit bronne binne en buite die Republiek). Enige inkomste deur 'n inwoner verkry vanuit 'n buitelandse bron mag dalk reeds of kan dalk onderhewig wees aan belasting in 'n ander land wat dubbelbelasting tot gevolg kan hê. Artikel 6quat maak voorsiening vir die verligting van dubbelbelasting in die sin dat, waar buitelandse belasting gehef is op inkomste wat in belasbare inkomste ingesluit is, onderhewig aan sekere voorwaardes, dit as korting toegestaan kan word teenoor die Suid-Afrikaanse belastingaanspreeklikheid.
Voorwaardes vir die toestaan van korting
Die som van die bedrae betaal ten opsigte van buitelandse belasting kan, onderworpe aan sekere voorwaardes, kwalifiseer as korting.
Die voorwaardes is as volg:
Die belasting moet betaalbaar gewees het ten opsigte van inkomste (geliewe te let dat kapitaalwins ingesluit is in die Inkomstebelastingwet en derhalwe beskou kan word as inkomste);
Die belasting moes gehef gewees het ingevolge die wette van die betrokke land, hetsy op nasionale, staats, plaaslike of enige ander vlak van regering;
Die belasting moes as betaalbaar bewys gewees het, d.i. 'n wetlike verpligting vir die betaling daarvan moet bestaan;
Die belasting moet betaalbaar wees sonder die reg van verhaling deur enige persoon (behalwe die reg van verhaal ingevolge 'n reg om enige verliese wat gedurende enige jaar van aanslag ontstaan het na 'n jaar van aanslag wat bedoelde jaar van aanslag voorafgaan, terug te dra); en
Die belasting moet betaalbaar wees ten opsigte van die bedrae wat by die inkomste van die inwoner ingereken is.
Bedrae verkry vanuit buitelandse bronne wat kwalifiseer
Om te kwalifiseer vir 'n korting in terme van artikel 6quat, moet die buitelandse belasting betaalbaar wees ten opsigte van enige van die volgende inkomstes verkry vanaf 'n buitelandse bron wat by die inwoner se belasbare inkomste ingesluit moet word:
Inkomste, bv. professionele dienste inkomste, vergoeding, rente, tantième, huur, pensioene, annuïteite, ens., buitelandse dividende uitgesluit. Artikel 6quat1ai;
n Bedrag gelykstaande aan die proporsionele bedrag van die netto inkomste verkry vanaf 'n buitelandse maatskappy wat uitdruklik ingesluit is by die inkomste van die inwoner ingevolge artikel 9D. Artikel 6quat1b;
Inkomste verkry deur 'n inwoner in die vorm van buitelandse dividende. Artikel 6quat1d;
n Belasbare kapitaalwins verkry vanuit 'n buitelandse bron. Artikel 6quat1e;
Enige bedrae waarna die vorige paragrawe verwys wat ontvang en toegeval het aan 'n spesifieke persoon, byvoorbeeld 'n trust, maar wat geag word verkry is deur 'n ander persoon die inwoner. Artikel 6quat1fi en ii;
n Bedrag waarna verwys word in die eerste vier paragrawe, wat deel vorm van die kapitaal van 'n trust wat in die buiteland gestig is, wat beskou word verkry te gewees het deur die inwoner vir inkomstebelasting of kapitaalwinsdoeleindes. Artikel 6quat1fiii
Beperking ten opsigte van die korting
Die bedrag aan buitelandse belasting wat as 'n artikel 6quat korting toegestaan sal word, sal ingevolge die volgende formule op 'n pro rata basis bereken word:
Belasbare buitelandse inkomste x Normale belasting betaalbaar Totale belasbare inkomste
Die oordra van die oorskotbedrag buitelandse belasting
Waar die som van buitelandse belasting betaal die bedrag aan korting oorskry, mag die oorskotbedrag oorgedra word na die daaropvolgende jaar van aanslag om as 'n korting teen die normale belasting betaalbaar oorweeg te word.
Gevalle waar geen korting ter sprake is nie
Geen korting sal toegestaan word nie indien 'n inwoner ingevolge artikel 11C sou kies dat die inkomste ontvang vanaf 'n buitelandse bron in die vorm van dividende in sy hande belas sal word na die aftrekking van die onderliggende terughoudings­belasting.
Indien 'n inwoner die keuse sou uitoefen vir die toepassing van die bepalings van 'n dubbelbelastingooreenkoms sal geen verdere toegewings ingevolge artikel 6quat toegestaan word nie.
Al die vrae in hierdie afdeling moet beantwoord word. Waar 'n vraag bevestigend beantwoord word moet skedules voorberei word met die inligting soos hieronder uiteengesit. Die skedules moet vir 'n tydperk van vyf jaar na datum van indiening van die opgawe bewaar word, indien SARS dit sou versoek.
KAPITAAL-/INKOMSTEVERWANT
Het die maatskappy enige betalings gemaak ten opsigte van die uitskakeling van mededinging?
Berei 'n skedule voor wat die aard en bedrag van sodanige betalings aantoon en bewaar afskrifte van die ooreenkomste.
Was daar 'n verandering in die doel van die hantering van ver­handelbare sekuriteite wat verkry is in hierdie of vorige jare?
Berei 'n skedule voor waarin die verhandelbare effekte aangedui word en toon watter items beinvloed en watter nie beinvloed sal word deur die verandering nie.
Is 'n keuse ooit ingevolge artikel 9B uitgeoefen?
Berei 'n skedule voor wat die volgende inligting bevat:
Keuse uitgeoefen en die datum daarvan;
Indien 'n kapitaalkeuse gemaak is, verstrek besonderhede van onkoste of verliese wat ingevolge Artikel 9B teruggetel is. (Dit sluit die onkoste of verliese wat verband hou met dividende uit);
Beskrywing van aandeel;
Datum van aankope;
Aankoopprys;
Datum van verkope;
Verkoopprys; en
Wins en/of verlies.
WERKNEMERS-/BESOLDIGINGSVERWANT
Het die maatskappy enige betalings ten opsigte van handelsbeperking gemaak wat aftrekbaar is ingevolge artikel 11(cA)?
Die skedule moet die volgende aandui:
Die balans oorgedra vanaf die vorige jaar van aanslag; en
Die bedrag oorgedra na die volgende jaar van aanslag
Het die maatskappy enige kommissie betaal aan werknemers?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Beskryf die tipe kommissie betaal;
Word enige kommissie aan werknemers betaal wat nie verband hou met verkope van die maatskappy nie?
Indien wel, verskaf voorbeelde.
Word besoldiging verdeel in kommissie en ander besoldiging?
Neem die maatskappy enige werkers van buitelandse firmas in diens?
Verskaf redes vir die indiensneming van sodanige werkers;
Hoeveel sodanige werkers is in diens van die maatskappy?
Word die werknemers van die maatskappy toegelaat om geskenke of geskenkbewyse wat meer is as R2 000 van ander partye te ontvang?
Berei 'n skedule voor met volledige inligting ten opsigte van die geskenke; en
Dui aan of die maatskappy die ontvangs van "geskenke" deur werknemers gefasiliteer het?
Het die maatskappy enige toelaes ten opsigte van leerlingooreenkomste, soos omskryf in artikel 12H van die Inkomstebelastingwet, geëis?
Voltooi en bewaar 'n IB180 vir elke leerlingooreenkoms ten opsigte waarvan 'n aftrekking geëis word.
Was daar enige herwinning van toelaes geëis in terme van artikel 12H ten opsigte van leerlingooreenkomste beëindig voor die voltooiing daarvan, soos beoog in artikel 12H ?
Berei 'n skedule voor wat die bedrag verhaal ten opsigte van elke leerling aandui en bewaar 'n afskrif van die IB180 ten opsigte van die betrokke leerder met betrekking tot die bedrae verhaal.
Het die maatskappy 'n skema aangegaan waarvolgens werknemers of direkteure 'n ekwiteitsinstrumant uit hoofde van hul diens, of amp as direkteur van die maatskappy kon verkry (soos in artikel 8C bedoel)?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Aard van betaling per kategorie; en
Kort verduideliking van materiële items.
Is enige assuransie premies betaal op die lewens van werknemers of direkteure?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Besonderhede van die premies, polis en begunstigde moet verstrek word.
n Sertifikaat uitgereik deur die versekeraar, wat bevestig dat die polis 'n polis is soos beoog in Artikel 11(w), moet bewaar word.
Het die maatskappy maandeliks en/of jaarliks premies aan enige party ten opsite van na-aftredevoordele gemaak?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Besondehede van enige enkelsom bydraes en die redes vir die bydraes gemaak; en '
n Berekening met betrekking tot die persentasie van die bydraes in verhouding tot die totale besoldiging vir elke klas van werknemer ten opsigte waarvan sulke bydraes gemaak is moet voorberei en bewaar word.
Is daar enige bedrag aan rente aan direkteure, aandeelhouers of lede en hul gades, kinders of trusts betaal en/of gekrediteer?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Bedrag betaal en/of gekrediteer vir die jaar geëindig 28 Februarie 2007 per direkteur, aandeelhouers, ens.; en
Besonderhede van enige belegging, vaste eiendom en/of ander bates oorgedra teen minder as markwaarde.
FINANSIERINGSVERWANT
Het die maatskappy enige verkoop- en/of terughuur­reëlings aangegaan?
Bewaar afskrifte van enige reëlings aangegaan indien dit nie voorheen ingedien is nie; en
Volledige berekening van enige aanpassing soos vereis ingevolge Artikel 23G moet bewaar word.
Het die maatskappy enige transaksies aangegaan soos beoog in artikels 24J, 24K, en 24L?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:
Besonderhede van elke finansiële instrument of klas van finansiële instrument, insluitende die aard en voorwaardes daarvan;
Besonderhede van die spesifieke metode gevolg by die berekening van die rente toegeval en/of aangegaan vir belastingdoeleindes, vir elke finansiële instrument of klas van finansiële instrument; en
Besonderhede van hoe die aangepaste wins of verlies by oordrag of aflossing van enige finansiële instrument of klas van finansiële instrument vir belastingdoeleindes hanteer is.
Het die maatskappy enige raporteerbare reëlings aangegaan soos bedoel in artikel 76A van die Inkomstebelastingwet?
Het die maatskappy enige voordeel gedurende die jaar van aanslag ontvang ten opsigte van 'n raporteerbare reëling soos in artikel 76A van die Inkomstebelastingwet bedoel?
Is die maatskappy deel van enige reëling wat die volgende kenmerke het:
Indien wel, moet 'n organogram wat die struktuur van elke transaksie tussen die onderskeie partye verduidelik, saamgestel en bewaar word.
Elemente wat die gevolg het van verrekening of kanselasie van mekaar?
Indien wel, bewaar 'n beskrywing van die transkasies wat mekaar óf neutraliseer óf kanseleer.
Betrokkenheid van 'n tegemoetkomende of belasting­neutrale party (sien artikel 80E).
Indien wel, stel 'n organogram saam wat die struktuur uiteensit tussen die partye en dui aan wie die tegemoetkomende of belasting-neutrale partye is.
Het die maatskappy enige kontrakte ten opsigte van die koop of verkoop van 'n besigheid as 'n lopende saak aangegaan?
Berei en bewaar 'n skedule voor wat volledige besonderhede bevat.
ANDER -BELASTINGTOELAES/BEPERKINGS INTERNASIONAAL VERWANT
Was daar enige direkte/indirekte veranderings in Het die maatskappy, tesame met enige verbonde persoon aandeelhouersbelang gedurende die jaar van aanslag tot die maatskappy, ten minste 10% van die deelnemende (genoteerde maatskappye uitgesluit)? regte in enige beheerde buitelandse maatskappy gehou?
Berei 'n skedule voor wat die volgende aandui:Keuse dat die vrystellings in artikel 9D nie toegepas moet word nie.
Besonderhede van alle veranderings in aandeelhouding /
Voltooi die IT10 beskikbaar op die SARS webwerf en bewaar ledebelange gedurende die jaar van aanslag (uitgesonderd dit vir 'n tydperk van vyf jaar na die datum van indiening van die genoteerde maatskappye); en opgawe.
Besonderhede van enige verandering in effektiewe beheer. Het die maatskappy enige transaksie in terme van 'n internasionale ooreenkoms oor grense heen aangegaan Inligting ten opsigte van navorsing- en ontwikkelingskoste -met verbonde partye, soos omskryf in artikel 31? artikel 11D
Het die maatskappy 'n prysoordragbeleidsdokument ter Het die maatskappy enige koste aangegaan vir die wetenskaplike stawing van die maatskappy se prysoordragbeleid en tegnologiese navorsing en ontwikkeling vir die doel van: toegepas in die huidige jaar met betrekking tot transaksies soos omskryf in artikel 31 ?
Die ontwikkeling van nuwe, praktiese en nie-voor-die­handliggende inligting van 'n wetenskaplike of tegnologiese Indien enige van die voorafgaande vrae as "JA" beantwoord is aard. moet die volgende bewaar word: -Berei 'n skedule voor wat 'n beskrywing van die uitvinding sowel as die koste aangegaan bevat.
Afskrif van die ooreenkoms aangegaan;
Afskrif van die prysoordragbeleidsdokument van toepassing
Die ontwerp, ontwikkeling of skepping van enige uitvindings, op die jaar van aanslag, tensy die dokumentasie wat reeds model of rekenaarprogram of ander soortgelyke eiendom. voorsien is betrekking het op die huidige jaar van aanslag. -Berei 'n skedule waarin die uitvindings, ontwerp, rekenaarprogram, of ander soortgelyke eiendom beskryf Het die maatskappy finansiële bystand ontvang vanaf word, asook die onkoste aangegaan. aflandige verbonde partye of van 'n belegger soos omskryf in artikel 31 en Praktyknota 2?
Het die maatskappy enige kapitale uitgawes aangegaan, ten opsigte van enige gebou, masjinerie, installasie, gereedskap,
Berei 'n skedule voor wat die redes uiteensit waarom dit werktuig of artikels? beskou word dat die bepalings van Artikel 31 en -'n Skedule van die uitgawes werklik aangegaan moet Praktyknota 2, nagekom is.
voorberei word.
Het die maatskappy enige goedere, dienste, of enige iets Het die maatskappy enige regeringsubsidies ontvang vir anders van waarde ingesluit transaksies vir die doeleindes van wetenskaplike en tegnologiese kapitaalrekening aan 'n nie-inwonende, geassosieerde navorsing en ontwikkeling? persoon sonder vergoeding voorsien. Let daarop dat goedere en dienste 'n lening insluit.
Berei volledige besonderhede voor met betrekking tot die subsidie en die bedrag ontvang.
Merk die toepaslike blokkie met "X"
Het die maatskappy die vraelys voltooi en ingedien by die Het die maatskappy enige rug-aan-rug transaksie Departement van Wetenskap en Tegnologie? aangegaan met enige ander party wat veroorsaak dat 'n aflandige verbonde persoon finansiële bystand ontvang?
Die skedule is beskikbaar by die Department van Wetenskap en Tegnologie.
Merk die toepaslike blokkie met "X"
Was die maatskappy 'n party tot enige transaksie, soos Dui aan of die maatskappy betrokke was by mynbou of omskryf in artikels 42 - 47 van die Inkomstebelastingwet, mynbouwerksaamhede, soos omskryf in artikel 1 van die gedurende hierdie jaar van aanslag? Inkomstebelastingwet, gedurende hierdie jaar van aanslag.
Indien die maatskappy deelgeneem het in enige van die
Voltooi en dien die Mynbouskedules, beskikbaar op die SARS transaksies in die opgawe vermeld moet volledige inligting webwerf www.sars.gov.za in. voorberei word ten opsigte van die transaksie met betrekking tot die partye tot die transaksie, die kapitaal/handelsvoorraad, aard en beskrywing van die bates oorgeplaas of bekom, en enige KORTTERMYNVERSEKERAARS verpligtinge oorgeplaas.
Is die maatskappy 'n korttermynversekeraar wat Waar die partye gekies het dat die voorsiening toegepas word, of geregistreer is by die Finansiële Diensteraad? in die geval waar die partye gekies het dat die voorsiening nie toegepas word nie, moet 'n geskrewe dokument wat die besluit
